Sanlam se kus-marathon op 29 April

Die derde Sanlam Namibiese Kus-marathon vind op 29 April in Swakopmund plaas. Dié wedloop bied Namibiese marathon-atlete die geleentheid om vir elite internasionale byeenkomste soos die Sanlam Kaapstad-marathon te kwalifiseer. Daar sal vier kategorieë wees: ’n Volle marathon, ’n halfmarathon, 10 kilometer en ‘n pretloop van vyf kilometer. Groot pryse is op die spel met die manlike en vroulike wenners van die vol marathon wat met 15 000 Namibiese dollar sal wegloop, die naaswenners met 7 000 dollar en die derde plek-wenners met 5 000 dollar.