Al Jazeera ondersoek sal nie help met gryslys nie

Die ondersoek deur Al Jazeera na die betrokkenheid van Suid-Afrikaanse banke in die goudsmokkel-bedrogspul in Zimbabwe het groot opslae gemaak. Verskeie sleutelbeamptes by die banke staan ‘n goudsmokkelbende by om miljoene Amerikaanse dollar vanuit Zimbabwe na Dubai oor te dra. Volgens Al Jazeera se ondersoekende eenheid is die beamptes by Standard Bank, ABSA Bank en Sasfin Bank werksaam. Hulle is op die betaalstaat van Mohamed Khan, bekend as Mo Dollars, ‘n geldwasser wat vir Zimbabwe se sigaretmagnaat en smokkelaar Simon Rudland werk. Intussen is die buurland steeds op die gryslys wat die rand, en natuurlik die Namibiese dollar beïnvloed. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê die ondersoek bemoeilik dinge.