Geingob stel nuwe regters vir hooggeregshof aan

Die Regsdienskommissie het aangekondig dat President Hage Geingob ses waarnemende regters in die hooggeregshof van Namibië aangestel het. Volgens ‘n mediaverklaring van die kantoor van die regbank is regters Rita Makarua, Hannelie Prinsloo, Esi Schimming-Chase, Collins Parker, Moses Chinhengo en Ramon Maasdorp as waarnemende regters in die hooggeregshof vir ‘n tydperk van ‘n jaar aangestel. Makarua is tans ‘n regter van die Konstitusionele Hof van Zimbabwe.