Suiker-belasting kom bedryf in SA duur te staan
Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging sê ‘n verhoging in die gesondheidbevordering-belasting in 2023/2024 sal ‘n beduidende uitwerking op die suikerrietbedryf hê om sy produk te lewer en terselfdertyd werkgeleenthede te beskerm. ‘n Studie van die Buro vir Voedsel- en Landbou-beleid het bekend gemaak dat ‘n bo-inflasie verhoging in die sogenaamde suikerbelasting ses-duisend plaaswerkers en drie-duisend kleinskaal-kwekers se werk bedreig. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Trix Trikam, het gesê die bedryf het reeds sowat 10 000 werkgeleenthede en 4,8 miljard Suid-Afrikaanse rand aan inkomste verloor sedert die instel van die belasting in 2018.