Ten Hag teleurgesteld in sy span
Barcelona het terugbaklei en gesorg vir ‘n gelykoptelling van twee-elk in die eerste deel van hulle Europese Liga-uitspeelwedstryd teen Manchester United by die Nou-kamp. Die gewese Chelsea-agterspeler Marcos Alonso het die gashere ‘n kortstondige voorsprong gegee voordat Marcus Rashford die telling gelykop gemaak het. Kounde se eie doel het die telling na twee-een verander voordat Raphinha dit weer gelykop gemaak het. United se baas, Erik ten Hag, sê hy is teleurgesteld dat hulle nie gewen het nie: