Jongste oor skole in vloedgesteisterde gebiede

Verskeie skole is steeds gesluit weens die vloede in die noorde van Namibië, ander het in die Omusati-streek heropen, terwyl leerders in die Ohangwena-streek in tentkampe bly. Die kabinet het 72 miljoen Namibiese dollar vir die vloede in die vloedgeteisterde streke van Ohangewena, Oshana en Omusati goedgekeur. Die kabinet het ook die onderwysministerie beveel om met voorstelle vorendag te kom hoe onderrig by skole kan voortduur. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, gee die jongste inligting in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.