DA-leier verskaf beurtkrag-syfers

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die aanhoudende kragonderbrekings het ‘n permanente kenmerk van die lewe in die era van President Cyril Ramaphosa geword. Steenhuisen het vandag in Kaapstad gepraat tydens die debat op Ramaphosa se staatsrede. Toe Ramaphosa in 2018 tot President verkies is, het Suid-Afrika altesaam ses dae van beurtkrag ervaar. Sedertdien het dit elke jaar gestyg, eers tot 22 dae, toe tot 35 dae en later tot 48 dae. Steenhuisen sê verlede jaar het dit tot 157 dae gespring.