LPM sal vanjaar sy beleid formuleer om alle Namibiërs te bevoordeel
Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, sê die party sal sy eerste beleidskonferensie in die middel van die jaar hou. Swartbooi het die party se driedaagse jaarlikse raadsledeforum toegespreek en meen die party moet sy beleid vir die land uitstippel. Die party sal ook vanjaar sy tweede volksvergadering hou. Hy sê die huidige regering sal nooit die politieke, sosiale en ekonomiese teenstrydigheid van armoede, ongelykheid en werkloosheid in Namibië aanspreek nie en sê Swapo het geen begrip daarvan nie. Onderwys is nog ‘n kwessie wat kommer wek en Swartbooi sê die party sal insette invorder om ‘n beleid wat werk te skep.