Nog vloei verwag na Hoarusibrivier die see bereik

Die Hoarusibrivier in die Kunene-streek, wat sy oorsprong naby Opuwo het, het die Atlantiese-oseaan bereik. Die rivier loop naby die Shipwreck Lodge in die Möwe-baai gebied en die bestuurder van operasies daar, Carmen Prinsloo, sê die groot hoeveelheid water het nogal verbaas. Sy voeg by nog vloei word verwag.