Efundja: Eerste minister gee jongste oor bystand

Die watervlakke in die sentrale en oostelike sones van die Cuvelai-Etosha-bekken styg steeds vinnig aan die Namibiese kant. Volgens die Namibiese Hidrologiese Dienste is nog vloedwaters waargeneem vanaf Ondjiva in Angola. Vloedwater het Okatana bereik en die voorspelling is dat dit Oshakati in die volgende komende dae kan bereik. Tesame met die vloedwaters, is die grond reeds versadig as gevolg van swaar reënval wat in hierdie gebiede ontvang word. Die eerste minister se kantoor werk saam met owerhede in streke om die negatiewe impak wat die vloed veroorsaak, te versag, sê eerste Saara Kuugongelwa-Amadhila, aan Kosmos 94.1 Nuus.