Onbekend of Kanyama se Africure mediese toerusting verskaf of nie

Shapwa Kanyama, wat die afgelope tyd in die nuus is, het in sy hofstukke gesê hy is die eienaar van die Africure-farmaseutiese fabriek in Windhoek. Die maatskappy, wat nie gelys is op die internasionale webtuiste van Africure nie, het kantore in Prosperita maar, dié word Strides Pharma Namibia genoem. Africure is internasionaal gestel in Mauritius met aanlegte in Indië en verskeie Afrika-lande. Kanyama se Africure het sy eie webtuiste waarop hy sê hy vervaardig en bied algemene farmaseutiese produkte in verskeie vorme, insluitend kapsules, rome, salf en tablette en dat antiretrovirale middels, antibiotika, antihipertensiewe middels en pynstillers onder sy produkte val. Hy sê ook hy kontrakteur vervaardiging uit aan vennote. Africure is reeds op 17 Maart 2011 by Bipa geregistreer maar Strides Pharma bestaan nie op Bipa se lys van maatskappye nie. Kanyama het in sy hofstukke gesê Africure ontvang sedert 2016 tenders. Daar word geen melding gemaak van die verskaffing van mediese toerusting nie en dit is nie bekend of die maatskappy dit doen, al dan nie.