Beurtkrag: 12 000 liter melk weggegooi

Stratford Farms, ʼn melkplaas in Mooirivier, KwaZulu-Natal, moes noodgedwonge 11 800 liter melk weggooi weens beurtkrag en lae kragspanning. Die direkteur van die plaas, Ross Stratford sê produksiekoste is nou hoër want plaastoerusting word vernietig en die verkoelingstelsel koel die tenks nie vinnig genoeg af nie, om te verhinder dat die melk bederf. Hy sê die lae kragspanning verhinder dat kragopwekkers en besproeiingspompe behoorlik aanskakel, wat veroorsaak dat die produksie van gras, wat as voeding vir die diere te gebruik, swakker is.