Renosterstropery: Lede van eenheid van moord aangekla na skietery

‘n Saak van moord is teen lede van ‘n teenstropery-eenheid aanhangig gemaak nadat ‘n renosterstroper by ‘n lodge in die ooste van Namibië doodgeskiet is. ‘n Renosterbul is gestroop en sy twee horings wat deur drie stropers verwyder is, is gevind, asook ‘n jaggeweer, ammunisie en toerusting vir stropery. Een van die verdagtes, ‘n 27-jarige man, is in hegtenis geneem en ‘n derde verdagte is nog op vrye voet. ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie hoof-inspekteur Elifas Kuwinga het met 94.1 Nuus gepraat.