Rugby: Franse skakel Blitsbokke uit in Hamilton

Rugby: Die Springbok Sewes is uit die Bekerkompetisie by die Nieu-Seelandse Sewes in Hamilton na hulle in die kwarteindronde met 22-17 teen Frankryk die knie moes buig.  Drieë deur Christie Grobbelaar, Dalvon Blood en Shaun Williams was nie genoeg om die Franse te keer nie. Die Blitsbokke het daarna die uitspeelwedstryd om die vyfde plek teen Ierland met 21-14 verloor en in die sesde plek in die toernooi geëindig. Hulle het Saterdag Argentinië, Spanje en Kanada geklop om na die kwarteindronde deur te dring.