Meer as 1 000 Erongo-leerders het nog nie plek in skole

Meer as 1 000 leerders het nog nie plekke in skole in die Erongo-streek nie, volgens die onderwysdirekteur in die streek, Erenfriede Stephanus. Dit sluit in 640 leerders wat plekke in graad een soek en 427 wat plasing in graad agt soek. Stephanus sê die direktoraat sal kamers by Namsov-vismaatskappy op Walvisbaai huur, sowel as by ‘n plaaslike kerk om sommige leerders te akkommodeer met nog tien onderwysers wat bygevoeg is. Ouers van leerlders wat nog nie geakkommodeer is nie, is versoek om kalm te bly terwyl die onderwys-direktoraat in die streek die plasing-kwessies uitsorteer.