Aardvark aan die Kaapse kus, na een in Oktober op Swakop gevind is

Die Kaap van die Goeie Hoop DBV vra enigiemand met moontlike inligting oor die vrekte van ‘n aardvark-sog wat Vrydag uitgespoel het op Sunset-strand, Milnerton, om hulle dringend te kontak. Die fotograwe Alex en Juanita Aitkenhead het op die aardvark afgekom en vermoed dierehandel was betrokke. Die DBV sê in ‘n verklaring ‘n ondersoek het bewys sy het nie verdrink nie, maar ‘n hartaanval en vog op die longe gehad. Dit kan dui op sogenaamde skok-long, wat gewoonlik veroorsaak word deur versmoring. Op 14 Oktober verlede jaar, is ‘n aardvark ook dood aangetref op Swakopmund. Die dier het ook uit die see gespoel.