Sterre dagvaar filmvervaardigers oor naaktonele
Die twee sterre van Franco Zeferelli se 1968-trefferfilm oor Shakespeare se Romeo and Juliet, dagvaar die vervaardigers vir 8,5 miljard Namibiese dollar vir naaktonele wat hulle moes uitbeeld toe hulle tieners was. Olivia Hussey was toe 15 en Leonard Whiting 16. Hulle beskuldig Paramount Pictures van seksuele misbruik, seksuele teistering en bedrog. Hussey en Whiting sê Zeferelli, wat in 2019 gesterf het, het hulle aanvanklik verseker dat hulle vleeskleurige onderklere sou dra tydens die slaapkamertoneel, maar hulle is toe sonder hul medewete naak verfilm. Hulle sê hulle het emosionele skade gely as gevolg daarvan.