Jongste oor brande om die hoofstad

Windhoek was vanoggend toegegooi onder ‘n kombers van rook met verskeie veldbrande wat in en om die hoofstad uitgebreek het. Vroeg vanoggend het die brand aan die Suide van die stad, steeds gewoed. Kosmos 94.1 het met Hoof van Noodbestuur by Windhoek Stad, Raymond Kapia, gepraat oor die jongste.