NamRA sê bedrogspul met belasting groei tot op N$104m

Die belasting-bedrogspul wat in Maart vanjaar deur NamRA geïdentifiseer is met ‘n beraamde waarde van 15,2 miljoen Namibiese dollar staan nou op 104 miljoen dollar. Die diefstal hou verband met belasting terugbetalings en volgens die owerheid, duur die ondersoek steeds voort en die bedrag kan verder styg. Ongeveer 800 belastingbetalers van ongeveer 40 instansies is tot dusver geïdentifiseer en 2,5 miljoen dollar is reeds ontvang. Personeel van die belastingowerheid word betrek by die bedrogspul. Daar word beweer dat belastingbetalers wat vergoeding ontvang hulself laat registreer het as voorlopige belastingbetalers, soos byvoorbeeld naweekboere. Hulle het daarvolgens, opgawes ingedien met vergrootte aftrekkings. Die betrokkenes is in verskeie ekonomies sektore.