Meer as 61 duisend mense plaaslik reeds teen Covid-19 ingeënt

Daar is volgens die ministerie van Gesondheid reeds 61 986 mense teen Covid-19 ingeënt, en 279 nuwe gevalle is bevestig. Windhoek 82, Oshakati 21, Omuthiya 19, Eenhana 17, Rehoboth 15, Swakopmund 14 en Walvisbaai 13. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 800 aktiewe gevalle, 49 138 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 52 712. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 763.