Pres. Geingob, onderwys-hoës gaan VN se Onderwysberaad bywoon

Namibiese President Hage Geingob sal die Namibiese afvaardiging na die Verenigde Nasies se Transformerende Onderwysberaad by die VN se 77ste Algemene Vergadering in New York van 16 tot 23 September lei. Geingob sal vergesel word van die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka en ander senior beamptes. Geingob sal ‘n nasionale verklaring uitreik ter bevestiging van die transformasie van onderwys in Namibië. Die beraad volg op die onderwysministerie se nasionale konferensie oor onderwys wat in Augustus plaasgevind het.