Prof. Morgan Hauptfleis hou Donderdag ‘n praatjie by die Botaniese Vereniging van Namibië 

Daar word dikwels aanvaar dat nasionale parke of ander wildbewaringsgebiede biodiversiteit verbeter. Professor Morgan Hauptfleish, hoof van Nust se Biodiversiteit-navorsingsentrum, het navorsing gedoen oor die uitwerking van verskillende grondgebruike op biodiversiteit, en veral plant-diversiteit in die Kunene-streek. Het beeste of olifante die grootste impak op plant-diversiteit?  Professor Hauptfleisch is die gasspreker oor dié onderwerp by die Botaniese Vereniging van Namibië op  Donderdag 15 September om sewe-uur die aand. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.