Aussies juig oor Wêreldbeker-kwalifisering
Australië het sy plek in die Wêreldbeker in Katar bespreek nadat hy in die kwalifiserende uitspeelwedstryd met strafskoppe met Peru afgereken het. Die doelwagter Andrew Redmayne was die held en het Alex Valera se skop gered om ‘n vyf-vier-oorwinning vir sy span te beklink. Australië is in Groep D saam met die verdedigende kampioen Frankryk, Denemarke en Tunisië. Die laaste Wêreldbekerplek word vandag beslis wanneer Nieu-Seeland en Costa Rica mekaar takel.