Billie Jean King ontvang Legioene-eer

Die Amerikaanse legende Billie Jean King het Frankryk se Legioene-eer van President Emmanuel Macron ontvang. Die land se hoogste burgerlike verering is aan die 78-jarige King toegeken vir haar bydrae tot vrouesport, geslagsgelykheid en die regte van die LGBTQ+gemeenskap. Sy het ook deelgeneem aan ‘n plegtigheid op Roland Garros ter herdenking aan haar verowering van die Franse Ope-titel 50-jaar gelede. Washington Post berig sy het haar loopbaan in 1973 op die spel geplaas toe sy die Virginia Slims-toer op die been gebring het. Dit het gelei tot die vorming van die Vroue-tennisvereniging.