Drie SA rugbyspanne spook sake in VRK uit

Rugby: Drie Suid-Afrikaanse spanne sal die naweek sake uitspook vir ‘n plek in die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Bulle speel môre op Loftus teen die Haaie, terwyl die Stormers die Skotse span Edinburgh in Kaapstad verwelkom. Die Ierse klubs Ulster en Munster sal vanaand die kwarteindronde in Belfast afskop, terwyl nog ‘n Ierse span, Leinster, môre in Dublin teen die Skotse span Glasgow Warriors sal speel. Die halfeindstryde word volgende naweek beslis en die eindstryd 18 Junie.