Skole het vanjaar nie soveel uitdagings soos tydens pandemie

Die Namibiese onderwysministerie het gesê leerders van staatskole gaan binnekort op vakansie en vanjaar het die ministerie nie soveel uitdagings ervaar soos verlede jaar toe Covid-gevalle hoog was en skole een van die brandpunte was nie. Verlede jaar moes skole sluit en heropen weens positiewe Covid-gevalle en dit het daartoe gelei dat leerders agter geraak het met hul skoolwerk. Sedert die begin van die pandemie is die skole se akademiese jaar ontwrig. Edda Bohn, uitvoerende direkteur in die onderwysministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.