Militêre parade op Grootfontein vier NDF se 32ste bestaansjaar
‘n Militêre parade sal vandag ter viering van die herdenking van die Namibiese weermag se 32ste bestaansjaar op Grootfontein gehou word. ‘n Militêre geweersalvo van 15 skote sal by die Dimo Hamaambo-garnisoen by die militêre basis op Grootfontein afgevuur word. Martin Tomas, die woordvoerder van die NDF maan inwoners van Grootfontein in ‘n mediaverklaring om nie paniekerig te raak as hulle die 15 geweerskote hoor nie.