IMF oor ongelyke salarisse

Die Internasionale Monetêre Fonds sê ongelyke salarisse lei tot voortdurende ongelykhede wat betref toegang tot onderwys, gesondheidsorg en finansies. Die IMF het verwag dat wêreldwye inkomste met drie persent sou groei, maar nou word voorspel dat dit met drie persent kan daal, wat aansienlik erger is as tydens die Groot Resessie van 2008-2009. Era Dabla-Norris van die fonds sê ‘n onlangse opname van vier ekonome het bevind die meeste mense voel die Covid-19-inperkings sal hulle ongelykheid vererger.