Universiteit Stellenbosch regverdig uitstel van eksamens
Die Universiteit Stellenbosch sê hy moes optree ná die onlangse voorvalle wat die universiteit geskud en talle studente getraumatiseer het. Die universiteit, waar talle Namibiese studente studeer, het sy semester-eksamens met ‘n week uitgestel. Theuns du Toit is verlede week geskors na ‘n video van hom wat op ‘n swart student se besittings urineer, op sosiale media versprei is. Nog ‘n student is op borgtog van 1 000 Suid-Afrikaanse rand vrygelaat na bewerings van verkragting. Die eerste semester-eksamens begin nou op 30 Mei.