Poging tot moord bygevoeg op Noa se klagstaat

Die leerlingdokter Dennis Noa sal ook met poging tot moord aangekla word, saam met die klagte van verkragting. Die aanklaer-generaal het die klagtes teen hom geformuleer en sy saak word oorgedra na die streekshof in die hoofstad. Hy sal sy eerste verskyning op 27 Mei maak. Dit is volgens berigte nie duidelik waaruit die poging tot moord klag spruit nie maar, ‘n opsomming sal beskikbaar wees wanneer hy in die hof verskyn. Hy is op 12 April verlede jaar in hegtenis geneem na hy na bewering ‘n 18-jarige breinbeseerde manlike pasiënt op 11 April verkrag het.