Bulle lê bo, Strauss sê stelsels werk

Die Bulle is tans boaan die punteleer van die Curriebeker met 42. Die span het oor die naweek die Leeus met ses drieë teenoor vyf geklop op hul pad na ‘n oorwinning van 47-43 in ‘n Curriebeker-kragmeting op Loftus Versfeld. Die Bulle het in een stadium met 35-10 voorgeloop, maar hulle het die oorwinning eers in die 77ste minuut beklink toe die Leeus se kaptein Burger Odendaal ‘n ongewone drie prysgegee het. Willem Strauss, president van die blou Bulle sê dit is weereens bewys dat stelsels werk.