Tongaat-gebiede in KZN vir 24 dae sonder water
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is uiters bekommerd oor die uitwerking van die ontwrigting in watertoevoer in Tongaat en omliggende gebiede in KwaZulu-Natal. Inwoners is al vir sowat 24 dae sonder water. Dit is weens die groot skade aan die waterbehandelingsaanleg weens die onlangse vloede. Die kommissie het ‘n ondersoek begin om te bepaal watter tussentydse maatreëls ingestel is om diegene wat geraak word, te help.