Outa loof Zondo, looi Zuma
Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland sê die Staatskapingkommissie het Suid-Afrikaners voorsien van nog ‘n gedetaileerde, verdoemende verslag oor hul regering, die ANC en die sakelui wat hulle aangemoedig het om te stroop. Hoofregter Raymond Zondo het die vierde verslag van die Staatskapingkommissie se ondersoek bekend gestel. Rudie Heyneke van Outa sê dit bevat inligting wat wyd bekend was, sommige daarvan reeds jare lank, maar wat doelbewus geïgnoreer is deur diegene wie se verantwoordelikheid dit was om op te tree: