Brandstofprys: Minister sal ook heffings aanspreek
Die Namibiese ministerie van myne en energie gaan vanoggend tien-uur sy brandstofprys vir Mei bekend maak. Aan die begin van April het die brandstofprys per liter die hoogte ingeskiet en die publiek hou hul asem op oor dié aankondiging. Die skakelbeampte van die ministerie, Andreas Simon gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Hy het gesê minister Tom Alweendo sal ook die kwessie van brandstoftoelae bespreek, asook onreëlmatighede wat in die brandstofbedryf plaasvind.