Biden vra vir US$33 miljard se bystand vir Oekraïne

Amerika se President Joe Biden het die Kongres gevra om 525 miljard Namibiese dollar goed te keur as hulpverlening aan Oekraïne in dié land se stryd teen Rusland. Die befondsing sluit militêre, ekonomiese en humanitêre hulp in. Biden sê nog befondsing vir wapens en humanitêre bystand is noodsaaklik om Oekraïne te help om Russiese aanvalle af te weer. Biden sê die stryd se koste is hoog, maar as daar toegegee word aan aggressie, sal dit nog duurder wees.