Nedbank Kapana Cook-Off skop af

Die Nedbank Kapana Cook-Off 2021-kompetisie word Vrydag van stapel gestuur. Dit sal die 7de keer wees wat die kompetisie aangebied word en die wenner staan ‘n kans om ‘n besigheid met ten volle toegeruste mobiele voedselkombuis ter waarde van N$100 00 te begin. Deelnemers sal kapana, ‘n gewilde eg Namibiese straatkos, aan beoordelaars van die Namibië Sjefsvereniging opdis. Hulle sal die disse volgens smaak, voorbereiding en higiëne beoordeel. Selma Kaulinge, Nedbank se Kommunikasiebestuurder, vertel meer aan Kosmos 94.1 Nuus.