Suide-boere geteister deur muise (en sprinkane)

Muise is op die oomblik, saam met sprinkane, ‘n groot uitdaging in veral die Suide van Namibië. Dr. Gerhard Verdoorn, ‘n kenner in plae, sê muisplae is nes sprinkane uiters sporadies. Hy sê boere het ‘n opsie om eenvoudig die plaag sy natuurlike gang te laat gaan omdat gifstowwe moontlik nie net die ekostelsel negatief van beïnvloed nie maar, is ook uiters arbeidsintensief. Roofvoëls kan ook versteur word hierdeur wat verdere wanbalans in die natuur kan meebring. Een van die opsies is dat boere eerder pale, wat 2,4 meter bo die grond is, regoor plase, veral waar daar muisgate is, in te plant om voëls toe te laat om die muise doeltreffend te jag. Slange, jakkalse en meer moet ook gelaat word in die natuur om die plae ekologies te beheer.