Tesourie sal KwaZulu-Natal help met herstel ná vloedskade

Die KwaZulu-Natalse LUR vir finansies, Nomusa Dube-Ncube, sê geld is beskikbaar om die provinsie te help om ná die rampspoedige vloede te herstel. Sy het dit in Pinetown aan verslaggewers onthul, waar President Cyril Ramaphosa vloedgeteisterde gebiede besoek het. Dube-Ncube sê die Tesourie het reeds toestemming gegee en wag net vir die omvang van die skade om eers bereken te word.