Australië: Reisverbod op Indië bly
Australië se Eerste Minister, Scott Morrison, het opnuut sy regering se besluit verdedig om ‘n Covid-19-reisverbod teen Indië in te stel. Morrison het onder heftige kritiek deurgeloop. Die verbod gaan gepaard met ’n boete of vyf jaar tronkstraf vir mense wat in dié tyd uit Indië na Australië probeer terugkeer. Die gewese Australiese krieketspeler Michael Slater het Morrison daarvan beskuldig dat hy bloed op sy hande het en sê die verbod is ‘n skande. Morrison sê die verbod is bloot om Australië teen ‘n moontlike derde golf Covid-19-infeksies te beskerm.