IPC sê Nahas praat snert
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die voormalige eerste minister van Namibië, Nahas Angula. Hy het aan plaaslike media gesê dat dit uiters moeilik is om te bewys dat daar korrupsie betrokke was by die verlore 660 miljoen dollar van die Regerings Pensioenfonds. Hy sê dit kon ook voorgekom het as gevolg van min ervaring in die bestuur van so ‘n instelling. Die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change Brian Black sê dis nonsens.