Wind- en haelstorm rig groot skade in Gobabis aan

Infrastruktuur in Gobabis is Saterdagmiddag beskadig deur ‘n groot wind- en haelstorm wat die dorp getref het. Volgens die jongste berigte is verskeie besighede se geboue beskadig met die dakke van Build It en BMW wat afgewaai het. Die ikoniese wit Brahmanbul wat by die ingang van die dorp besoekers se aankoms in ‘Cattle Country’ aankondig, is ook beskadig. Intussen was daar ook erge sandstorms by Keetmanshoop wat toestande op die hoofroetes uiters gevaarlik gemaak het met swak sigbaarheid.