Ramaphosa: Reisverbod is onregverdig, onwetenskaplik

In die buurland sê President Cyril Rampahosa ook lande moet waak teen die ongeregverdigde en onwetenskaplike reisverbod oor die Covid-19 Omikron-variant. Hy sê die verbod benadeel ekonomieë en sektore wat van reisigers afhanklik is. Hy het die forum oor samewerking tussen China en Afrika virtueel toegespreek wat deur die Republiek van Senegal aangebied is. Ramaphosa sê ontwikkelende ekonomieë, insluitend dié in Afrika, moet in staat wees om hulle eie entstowwe te vervaardig. Hy sê Covid-19 het mense gedwing om wêreldwye ongelykheid in die oë te kyk.