SA stel taakspan aan om verpligte inentings te ondersoek

Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n taakspan aangestel om verpligte inentings teen Covid-19 te ondersoek. Die direkteur-generaal van gesondheid, Nicholas Crisp, sê diegene wat verkies om nie ingeënt te word nie, kan beperk word om sekere dinge te doen. Hy sê die verpligte inenting sal beteken mense moet bewys lewer dat hulle die inspuiting gekry het.