Biden oorweeg diplomatieke boikot van Spele in China

President Joe Biden sê Amerika oorweeg ‘n diplomatieke boikot van die Olimpiese Spele in Beijing volgende jaar. Dit is uit protes teen China se menseregterekord, insluitend dit wat Washington bestempel as ‘n volksmoord teen minderheids-Moslems. Volgens internasionale media sal ’n diplomatieke boikot beteken geen Amerikaanse amptenare word gestuur om die Spele by te woon nie. Die perssekretaris van die Withuis, Jen Psaki, sê Biden en China se President Xi Jinping het nie Maandag tydens hul drie uur lange virtuele vergadering die Olimpiese Spele bespreek nie.