AR gaan hof toe oor vakbond-registrasie

Die Affirmative Repositioning-beweging sê hy gaan die Arbeidskommissaris hof toe sleep oor wat hy beskryf as ‘n vertraging in die registrasie van die beweging as ‘n vakbond. Die beweging se prokureur Kadhila Amoomo sê hulle het reeds op 29 Januarie vanjaar die aansoek ingedien. Volgens hom is die nodige aanpassings aan die beweging se grondwet, soos in Mei vanjaar versoek, gedoen maar, toe het die kantoor van die kommissaris weer in Augustus kapsie gemaak oor die grondwet en later die maand, weer kommer uitgespreek dat die beweging in alle sektore bedrywig wil wees. Amoomo sê die vertragings is aspris en onnodig.