Amerikaanse ambassade skenk nog 124 000 dosisse Phizer-entstof

Die Amerikaanse ambassade in Namibië het vandag nog 124 000 dosisse Phizer-entstof aan Namibië oorhandig. Dit volg na die Biden-Harris administrasie in September ook 100 620 dosisse aan Namibië geskenk het wat die totaal op
224 620 dosisse te staan bring. Die saakgelastigde van die Amerikaanse ambassade, Jessica Long, sê meer entstof-dosisse is op pad.