DA wil Wes-Kaap na vlak 1 inperking verskuif

Die DA se woordvoerder vir gesondheid in die Wes-Kaap, Wendy Philander, sê sy ondersteun premier Alan Winde se oproep dat die provinsie na vlak 1 inperking geskuif word. Winde het dié beroep gister gedoen en ook gevra dat die nasionale ramptoestand beëindig word. Philander sê die provinsie se gesondheidstelsel is nie onder druk nie en die inentingsveldtog vorder goed. Sy voeg by die provinsie is op koers om teen Desember 70 persent van sy volwasse bevolking in te ent.