Goeie reënseisoen lê voor, behalwe vir Noordweste

Die Namibië Metereologiese Diens in die ministerie van werke en vervoer het hul reënvalvooruitsigte vir 2021-2022 bekend gemaak. Die meeste dele van die land sal waarskynlik normale tot bo-normale reënval ontvang, maar vir Oktober, November en Desember kan die suidwestelike dele onder-normale tot normale reënval verwag word. Groot kommer heers oor die Noordweste wat waarskynlik normale tot onder-normale reënval die hele reënseisoen sal ontvang met ‘n krimpende gebied in vergelyking met November tot Februarie. ‘n Voormalige kabinetsminister en nou ‘n boer in die Kunene-streek, dr. Libertine Amadhila, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê gemeenskappe in die Kunene-streek moet vooraf voorbereidings doen.