Voortrekkermonument kap glo beskermde bome af

Die Voortrekkermonument in Pretoria word beskuldig dat hy die wet oortree het. Omgewingsaktiviste beweer regsprosesse is nie gevolg voordat die erfenisterrein beskermde bome afgekap het nie. Foto’s en video’s van afgekapte bome en plante by die monument het woede uitgelok op sosiale media. Talle bome van tot 60 jaar oud, insluitend vetplante en aalwyne, is afgekap en vernietig sonder ‘n lisensie van die departement van landbou. Die erfenisterrein hou egter vol die bome is weens swak onderhoud afgekap.