Biden ondersoek stappe teen Texas aborsiewet

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê hy gaan saam met die hele regering sterk standpunt inneem teen ‘n Hooggeregshof-besluit wat weier om ‘n wet teen te staan wat feitlik alle aborsies in Texas verbied. Hy sê die uitspraak is ongehoord en ‘n aanslag op vroue se grondwetlike regte. Hy het die Geslagsbeleidraad en die kantoor van die Wit Huis opdrag gegee om vas te stel watter stappe die federale regering kan doen om te verseker die vroue in Texas het toegang tot veilige en wettige aborsies.